Modulekode | NPA 700 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Die doel is om die gebruik van gesofistikeerde analitiese tegnieke te gebruik in die oplossing van navorsingsgerigte metallurgiese probleme. Die verskillende tegnieke word modulêr aangebied en elke spesialisrigting het ’n eie keuse van drie tegnieke om die student se navorsing te ondersteun. Spesialisrigtings soos Fisiese Metallurgie, Sweismetallurgie, Hidrometallurgie, Pirometallurgie en Mineraalprosessering word gedek. Ander rigtings kan aangespreek word na konsultasie met die kursusleier. Die tegnieke wat tans aangebied word is: TEM, SEM Auger Spektroskopie (AES), X-straal Foto-elektronspektroskopie (XPS), Plasma-ontladingspektroskopie (GDOES), X-straal Diffraksie (XRD), X-straal fluoresensie (XRF), Gleeble warmvervorming simulasie en Dilatometrie. Lesings behandel die teorie en interpretasie in diepte en dit word geïllustreer met gevallestudies. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 24 Uur |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Materiaalkunde en Metallurgies |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App